Skip to main content

Posts

Mulberry Close - Some doors aren't meant for the living ...

Recent posts

Word deel van die geheime van Mon Tresor... 🍷

Is jy gereed om dieper in die skaduwees van die Dumont-familie te delf? Vir slegs R35 per maand (minder as 'n koppie koffie!) kry jy eksklusiewe toegang tot die volledige sage van Die Skaduwe op Mon Tresor . As 'n intekenaar kry jy: Elke week 'n nuwe episode: Wees die eerste om te lees hoe Mara se soektog na die waarheid ontvou. Bonus Kortverhale: Geheime stories en agtergrond wat nêrens anders verskyn nie. Eksklusiewe "Agter die Skerms": 'n Kykie in die skryfproses (en dalk 'n wyn-aanbeveling of twee!). Hoe om in te teken: Betaal jou maandelikse bydrae van R35 na: Verwysing: Jou Naam + Skaduwe Stuur jou bewys van betaling na [Jou E-posadres] . Sodra ek dit ontvang, voeg ek jou by my eksklusiewe leserslys en die nuutste episode land dadelik in jou e-posbus! Kom vind uit wat agter die geslote deure van Mon Tresor skuil...

Onder die Opskrif - Soms begin jou grootste storie by die waarheid wat jy jare lank vir jouself weggesteek het.

 Kortverhaal Deur Annette Havenga                                     New York was Mara se droom. Om in New York te woon en werk was haar doel. Op 42, moeg van klein berigte en gebroke beloftes, kry   sy ’n wenk wat niemand anders ernstig opneem nie. Maar wanneer sy begin delf, ontdek sy ’n storie wat mense stil wil hou, anders as al die ander kere, besluit Mara om nie weg te kyk nie.   *Vrydag 2 Oktober*

Die Skaduwee op Mon Trésor - Episode 2 🍷 Die Gif in die Bloedlyn

                                                                            Episode 2                                                                       Die Gif in Die Bloedlyn Die reuk van duur leer en ou wraak hang in Lucian Valois se kantoor soos ’n swaar mis. Lucian staan by die venster en kyk uit oor die liggies van Parys.   Sy gedagtes is duisende kilometers ver, by die rooi grond van die Boland. Hy leef al jare saam met die Dumonts, op die agtergrond, geduldig. Sy wraak gaan uiteindelik vol sirkel bereik met Julian se hulp. Nie Julian of Celine w...

Ghost en Darkness

’n Ligte briesie speel deur haar hare terwyl sy aan die warm tee sluk. Sy asem die vars reuk met ’n glimlag in. Sy, Leanie du Preez, self-erkende "coffeeholic", drink nou net tee en sit nie meer haar lippe aan koffie nie. Dit is Fabian se invloed; hy het haar lewe op soveel vlakke kom verryk. Fabian Giovani, haar lang, donker Italianer,“met ’n Afrikaanse ma,” het hy dadelik vertel toe hulle ontmoet het. Trots op sy Italiaans-Suid-Afrikaanse herkoms, praat Fabian albei tale vlot. Hy het haar voete onder haar uitgeslaan; sy het nie gedink sy kon op 56-jarige ouderdom sulke geluk en liefde ervaar nie. Op 62 is die grys lyne teen sy slape en in sy hare al wat sy ouderdom weggee. Hy is fiks, aantreklik en leef sy passie as argitek ten volle uit met die ontwerp van unieke, groen behuisingskemas. “Ek doen nie blind dates nie, Jana.” Jana, haar skoolvriendin en die een mens wat haar werklik verstaan en weet hoe pynlik haar verlowing aan Albert geëindig het, was nie van plan om dit t...

Die Meisie met die Rooi Ballon

Daar is iets poëties aan die jong meisie waar sy staan met die rooi ballon, asof dit nét sy en die rooi ballon is. Die ballon sweef bo haar en sy hou haar kop agteroor om die ballon te sien. Die toutjie waaraan die ballon vas is, is stewig in haar hand vasgeklem. Jack wonder hoe oud sy is. Verseker te jonk om alleen in die park te wees. Hy kyk rond, maar sien niemand aan wie die jong krulkop kan behoort nie. Waar sal haar ouers of oppasser wees? Die park is in die middel van ’n besigheidsentrum; daar is nie enige wonings in die omgewing nie. Sy moes saam met iemand hierheen gekom het. Jack voel net so alleen soos die meisie met die rooi ballon lyk. Sy is onbewus van die fietsryers in die park; sy sien nie eens die ander kinders wat jillend hardloop en speel op die apparate raak nie. Haar oë bly gerig op die ballon. "Sal ek haar vra of alles reg is, waar haar ouers is?" wonder hy. Dalk het sy weggedwaal en is haar ma of oppasser naarstiglik op soek na haar. Deesdae moet ’n men...

Die Skaduwee op Mon Trésor - Episode 1 🍷 Die Verdrag met die Duiwel

  Episode 1   Die Verdrag met die Duiwel  Die lug in die klein dorpie in die suide van Frankryk was swaar van die reuk van aankomende reën. Marguérite het in die portaal van die antieke klipkerk gestaan.  Die koue het deur die dun sy van haar bruidsrok gesny, maar die ys in haar are het niks met die weer te doen gehad nie. Die ruiker rooi rose was vanoggend afgelewer. In die middel, ’n enkele wit roos. Daar het die fyn diamant ring gepryk. Sy handskrif het sy dadelik herken, selfs na al die jare het die nie verander nie. Die woorde min, maar het swaar op haar hart gerus.  Vir jou Marguérite, my bruid. Dit was nog altyd net jy.   Sy was alleen, sonder haar dogters of haar liefling-kleinseun Henri. Sy het haarself oortuig dit is beter so. Om haar dogters hier te hê, sou beteken om die spieël op te lig waarin sy dertig jaar lank geweier het om te kyk.  Sy het haar blonde bob hare in die spieël van die portaal reggestryk. Sy het ouer geword, ...