Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Die Meisie met die Rooi Ballon

Die Meisie met die Rooi Ballon

Daar is iets poëties aan die jong meisie waar sy staan met die rooi ballon, asof dit nét sy en die rooi ballon is. Die ballon sweef bo haar en sy hou haar kop agteroor om die ballon te sien. Die toutjie waaraan die ballon vas is, is stewig in haar hand vasgeklem. Jack wonder hoe oud sy is. Verseker te jonk om alleen in die park te wees. Hy kyk rond, maar sien niemand aan wie die jong krulkop kan behoort nie. Waar sal haar ouers of oppasser wees? Die park is in die middel van ’n besigheidsentrum; daar is nie enige wonings in die omgewing nie. Sy moes saam met iemand hierheen gekom het. Jack voel net so alleen soos die meisie met die rooi ballon lyk. Sy is onbewus van die fietsryers in die park; sy sien nie eens die ander kinders wat jillend hardloop en speel op die apparate raak nie. Haar oë bly gerig op die ballon. "Sal ek haar vra of alles reg is, waar haar ouers is?" wonder hy. Dalk het sy weggedwaal en is haar ma of oppasser naarstiglik op soek na haar. Deesdae moet ’n men...