Skip to main content

Ghost en Darkness


’n Ligte briesie speel deur haar hare terwyl sy aan die warm tee sluk. Sy asem die vars reuk met ’n glimlag in. Sy, Leanie du Preez, self-erkende "coffeeholic", drink nou net tee en sit nie meer haar lippe aan koffie nie. Dit is Fabian se invloed; hy het haar lewe op soveel vlakke kom verryk. Fabian Giovani, haar lang, donker Italianer,“met ’n Afrikaanse ma,” het hy dadelik vertel toe hulle ontmoet het. Trots op sy Italiaans-Suid-Afrikaanse herkoms, praat Fabian albei tale vlot.

Hy het haar voete onder haar uitgeslaan; sy het nie gedink sy kon op 56-jarige ouderdom sulke geluk en liefde ervaar nie. Op 62 is die grys lyne teen sy slape en in sy hare al wat sy ouderdom weggee. Hy is fiks, aantreklik en leef sy passie as argitek ten volle uit met die ontwerp van unieke, groen behuisingskemas.

“Ek doen nie blind dates nie, Jana.” Jana, haar skoolvriendin en die een mens wat haar werklik verstaan en weet hoe pynlik haar verlowing aan Albert geëindig het, was nie van plan om dit te laat vaar nie. Jana met haar donker krulle en Leanie met haar blonde pixie-snit verskil soos dag en nag, maar hulle vriendskap het die toets van tyd weerstaan; die band tussen hulle is onwrikbaar.

“Dan gaan ek en Ben saam en ons double date. Jy was vier jaar laas op ’n date en jy MOET vir Fabian ontmoet. Wees dan net vriende, jy is veels te alleen! Mens kan nie net prentjies teken en koffie drink nie.”

Wel wetende dat Leanie du Preez ’n bekende naam in die kunsbedryf is, spot Jana graag oor haar loopbaan. “... besides, ek voel dit in my kleintoontjies, julle twee gaan lekker oor die weg kom,” het Jana volgehou.

Leanie het uiteindelik ingestem en sedert daardie eerste ontmoeting was sy en Fabian onafskeidbaar. Jana en Ben het daardie aand vroeg gegroet, maar die twee van hulle het tot laat in die nag gesels, gefilosofeer en die wêreld se probleme opgelos. Hy waardeer haar kuns en het haar hart sag in sy hande omvou. Met deernis, liefde en tonne geduld het hy haar geleer om weer te vertrou en, uiteindelik, weer lief te kry.

Hier langs die Bergrivier se oewer op die Melkhout Gasteplaas, waar hulle in afsondering kamp, het sy die afgelope drie dae ’n sielvolle vrede ervaar. Hulle het trou aan mekaar beloof in ’n intieme seremonie net tussen hulle twee, met die onderneming om dit weer saam met vriende en familie te vier wanneer hulle terug is.

Leanie kyk af na die tekenboek op die tafel voor haar. Sy is besig met ’n potloodskets van die twee katte wat hier rondhang. Die twee laat haar aan haarself en Fabian dink. Darkness en Ghost, het sy hulle gedoop. Die een is ’n swart kat met ’n wit bors, en die ander wit met een swart "sokkie". Hulle het hulself tuis gemaak vandat die karavaan hier ingetrek het. Darkness hou daarvan om saam met hulle rond te hang, terwyl Ghost baie sku is en net haar gesiggie wys wanneer Fabian nie naby is nie.

Asof sy hulle geroep het, kom sit die twee voor haar. Beide staar intens na haar sonder om hul blik te verskuif. “Wat is dit nou met julle twee?” Die enigste antwoord is ’n skuur van Darkness, terwyl Ghost langs haar op die stoel kom sit. Fabian sou nou een of ander verduideliking daarvoor gehad het; hy verstaan diere so goed en is ewe lief vir die natuur. Hy is juis nou verder op met die rivier in ’n kajak. Die plaas het ’n "vang-en-vrylaat"-reël vir visvang. Fabian geniet die terapeutiese gevoel van die lyn in die water terwyl hy geduldig wag dat ’n vis aan die aas knibbel.

Skielik voel sy ’n koue om haar hart. Die twee katte kyk weg van haar af, in die rigting van die rivier, en albei uiter ’n luide, klaende "miau". Sy kyk in die rigting waarheen hulle staar.

Sy sien dit, maar dit is eers toe die beeld reg voor haar is, dat die werklikheid deurdring.

“Fabian!” Haar kreet weergalm deur die stilte terwyl sy die dek se trappe twee-twee afhardloop. “Fabian! Nee!” Dit is Fabian, met sy gesig na onder, wat in die stroom verbydryf. Waar sy die krag vandaan gekry het, weet sy nie, maar sy is binne sekondes by hom. Sy sleep-swem met sy roerlose liggaam in haar arms wal toe.

Steeds in skok sit Leanie skaars drie ure later met ’n handdoek om haar lyf, onbewus van die aktiwiteit om haar. Haar gille het die plaaswerkers bereik en hulle het onmiddellik tot haar hulp gesnel. “... hartaanval ... geval en sy kop gestamp ... verdrink ...” Teen die tyd dat die ambulans daar aankom, het vier ure reeds verbygegaan. Leanie wou nie Fabian se sy verlaat nie, eers toe die polisie en die forensiese span daarop aandring dat hulle die liggaam moet wegneem vir die geregtelike doodsondersoek. “... inquest ... saaknommer ... naasbestaandes ... moet kom uitken ...” Woorde. Alles net woorde. Sonder Fabian maak niks meer sin nie.

Die trane kom eers toe Fabian in die lykswa, en nie die ambulans nie, gelaai word. Sy sien hoe ’n deel van haarself saam met hom wegry.

Darkness skuur teen haar been. Van Ghost is daar geen teken nie.

Comments

Popular posts from this blog

Nu Metro VIP Cavendish Review: Cape Town's Ultimate Luxury Cinema Experience

More Than a Movie: Why Nu Metro VIP at Cavendish Is Worth Every Rand By Annette Havenga WomeninMedia Africa They say cinema is dead. They say we watch movies differently now. They say streaming has replaced the magic of the big screen. They say cinemas are no longer relevant. They are wrong. There are experiences that simply cannot be replicated from the comfort of your couch. The anticipation as the lights dim. The hush that falls over the audience. The immersive sound that surrounds you. The larger-than-life visuals that demand your full attention. And when you add luxury seating, exceptional dining and impeccable service, a night at the movies becomes something far greater than entertainment, it becomes an experience. That is exactly what awaits at Nu Metro VIP at Cavendish Square. If you think all cinemas are the same, you haven't experienced Nu Metro VIP at Cavendish. Reclining leather seats, gourmet dining and blockbuster entertainment combine to create one of Cape Town's...

Die Skaduwee op Mon Trésor - Episode 2 🍷 Die Gif in die Bloedlyn

                                                                            Episode 2                                                                       Die Gif in Die Bloedlyn Die reuk van duur leer en ou wraak hang in Lucian Valois se kantoor soos ’n swaar mis. Lucian staan by die venster en kyk uit oor die liggies van Parys.   Sy gedagtes is duisende kilometers ver, by die rooi grond van die Boland. Hy leef al jare saam met die Dumonts, op die agtergrond, geduldig. Sy wraak gaan uiteindelik vol sirkel bereik met Julian se hulp. Nie Julian of Celine w...

Die Skaduwee op Mon Trésor - Episode 1 🍷 Die Verdrag met die Duiwel

  Episode 1   Die Verdrag met die Duiwel  Die lug in die klein dorpie in die suide van Frankryk was swaar van die reuk van aankomende reën. Marguérite het in die portaal van die antieke klipkerk gestaan.  Die koue het deur die dun sy van haar bruidsrok gesny, maar die ys in haar are het niks met die weer te doen gehad nie. Die ruiker rooi rose was vanoggend afgelewer. In die middel, ’n enkele wit roos. Daar het die fyn diamant ring gepryk. Sy handskrif het sy dadelik herken, selfs na al die jare het die nie verander nie. Die woorde min, maar het swaar op haar hart gerus.  Vir jou Marguérite, my bruid. Dit was nog altyd net jy.   Sy was alleen, sonder haar dogters of haar liefling-kleinseun Henri. Sy het haarself oortuig dit is beter so. Om haar dogters hier te hê, sou beteken om die spieël op te lig waarin sy dertig jaar lank geweier het om te kyk.  Sy het haar blonde bob hare in die spieël van die portaal reggestryk. Sy het ouer geword, ...