Episode 1
Die Verdrag met die Duiwel
Die lug in die klein dorpie in die suide van Frankryk was swaar van die reuk van aankomende reën. Marguérite het in die portaal van die antieke klipkerk gestaan.
Die koue het deur die dun sy van haar bruidsrok gesny, maar die ys in haar are het niks met die weer te doen gehad nie. Die ruiker rooi rose was vanoggend afgelewer. In die middel, ’n enkele wit roos. Daar het die fyn diamant ring gepryk. Sy handskrif het sy dadelik herken, selfs na al die jare het die nie verander nie. Die woorde min, maar het swaar op haar hart gerus.
Vir jou Marguérite, my bruid. Dit was nog altyd net jy.
Sy was alleen, sonder haar dogters of haar liefling-kleinseun Henri. Sy het haarself oortuig dit is beter so. Om haar dogters hier te hê, sou beteken om die spieël op te lig waarin sy dertig jaar lank geweier het om te kyk.
Sy het haar blonde bob hare in die spieël van die portaal reggestryk. Sy het ouer geword, maar die elegansie was steeds daar. Die laglyne om haar mond en oë het’n skild teen die wêreld geword.
Die swaar houtdeure het oopgekreun. Marguérite het die paadjie afgestap. Die kerk was leeg, behalwe vir die priester en die man wat by die altaar gewag het. Sy lyfwagte sal wel iewers in die skadus skuil. Lucian Valois se aura van onaantasbaarheid word beskerm deur sy aristokasiese geskiedenis. Die Huis van Valois dra steeds sy koninglike erfenis en Lucian regeer sy troon met ’n ysterhand.
Haar hart het teen haar ribbes gehamer. Met elke stap het sy nader aan die oomblik van waarheid gekom. Toe sy langs hom gaan staan, het hy stadig omgedraai. Marguérite se asem het in haar keel vasgesteek. Jean-Pierre se aartsvyand. Eens was dit sy beste vriend, totdat sy saam met hom die dolk van verraad diep in Jean-Pierre se rug gesteek het. Hulle, sy en die man wat jare lank ’n skaduwee oor haar lewe gegooi het, was vreemdeliinge vir mekaar sedert hulle transaksie 30 jaar gelede.
Sy besoek het haar onkant gevang. Hy het die keuse aan haar oorgelaat. Hoe het hy die waarheid uitgevind? Sy woorde het die verlede en die perfek bewaarde inhoud daarvan laat ontplof. Marguérite was so seker dat die geheime wat saak gemaak het uit was, en die ander, nog steeds veilig. Haar dogters en Henri, hulle kon net aanbeweeg. Tot Lucian voor haar deur te staan gekom het.
“Jou besluit Marguérite. Jy het jou nog nooit laat dwing om iets teen jou sin te doen nie. Ek sal nie droom om dit nou van jou te verwag nie. Die keuse is joune.”
Keuse? Hoe kon hy dit eens ’n keuse noem? Marguérite verstaan steeds nie wérklik waarom hy nou, na al die jare, die mat onder haar voete kom uitpluk het nie.
Die lig van die kandelare het op sy kaaklyn geval. Die manier hoe sy oë vernou het... dit was asof sy na ’n manlike weergawe van haar eie dogters kyk. Sy het besef waarom sy nie haar dogters hier kon hê nie. Jean-Pierre het gesterf met die trots van ’n vader, salig onbewus daarvan dat die bloed in sy kinders se are nooit sy eie was nie. En hier, voor hierdie altaar, was sy besig om ’n verdrag met die biologiese waarheid te onderteken. Selfs die dood kan Jean-Pierre Dumont nie beskerm teen die aanvalle van verraad van die lewendes nie.
"Marguérite," het die man gefluister. Sy stem was soos skurwe fluweel. Uiteindelik word Marguérite syne. Met tyd sal sy dit aanvaar en hom weer sien soos jare gelede. Dit was altyd hulle drie, hy, Jean-Pierre en Marguérite. Dit was hy wat hulle opgespoor het in Suid-Afrika, hy het die nuus aan Jean-Pierre gebring oor sy ouers se dood. Homself selfs effens vermaak daarin om vir Jean-Pierre te vertel dat die Dumonts se Franse wynplase nou aan hom behoort. Jean-Pierre het my die grootste skat aan sy sy Frankryk verlaat, daarvoor het Lucian wraak gesweer.
"Kom ons kry
dit verby, Lucian," het sy koud geantwoord. Sy het geweet hierdie huwelik
was nie ’n verbintenis van liefde nie. Dit was ’n transaksie om die verlede te
begrawe.
Duisende kilometers ver het die middagson oor die wingerde van Mon Trésor gesak. Stefan het op die stoep gestaan, ’n glas brandewyn in sy hand. Vanaand het hy iets sterkers as die landgoed se geliefde wyne nodig.
Dr Stefan Joubert, geliefde internis onder die mense van die vallei, die man na wie almal opgesien het. Sedert hy ’n verloofring aan Mila Dumont se vinger geglip het was hulle onafskeidbaar en het hy ’n nuwe vrede ontdek. Maar vandag was sy hande nie rustig nie.
"Dit is ’n pragtige uitsig, is dit nie?" Stefan het nie omgekyk nie. Hy het die stem met die swaar Franse aksent geken. Julian. Die man wat ’n week gelede opgedaag het met ’n lêer vol dokumente en ’n glimlag wat Stefan se maag laat draai het. Mila was bleek terwyl sy stil langs hom gestaan het. Selfs die getroue Willem en Sara was woordeloos. Hy wonder hoeveel daardie twee wérklik weet van die Dumonts, die verlede en die perfek bewaarde geheime. Die familie se vervlakste geheime, dit hang konstant soos ’n dreigende wolk oor die Mon Trésor se mense. En ek sal hulle beskerm teen skurke soos Julian!
Julian het beweer hy is die verlore Dumont-broer, ’n kind uit ’n verhouding wat Jean Pierre jare gelede in Parys gehad het.
"Jy behoort nie hier te wees nie," het Stefan gesê, sy stem laag en gevaarlik. Die dokter se sagtheid was weg. In sy plek was die beskermer van die Dumont-susters se erfenis.
Julian het nader gestap en teen die pilaar geleun. Sy Afrikaans was amper perfek en het getuig vang jare se top onderwys. Sy stem dra die gewig van oorwinning."Die regte sê ek behoort hier te wees, Stefan. Jean-Pierre se handtekening op my geboortesertifikaat is nogal duidelik. Maar ek dink jy is nie bang dat ek ’n bedrieër is nie... ek dink jy is bang ek is die regte ding."
Stefan het sy glas so styf vasgehou dat sy kneukels wit was. "Ek gaan jou uitmekaar skeur, Julian. Ek gaan elke leuen wat jy vertel het, oopvlek soos ’n abses."
Julian het gelag, ’n kort, droë geluid. "Pasop, Dokter. Soms as jy te diep sny, bloei die hele pasiënt dood."
Lea het agter die swaar gordyne van die studeerkamer gestaan en die twee mans op die stoep dopgehou. Sy was nog altyd die een wat meer gesien het as wat sy gesê het.
Sy het na Julian gekyk. Sy het gesien hoe hy beweeg, die grasie, die arrogansie. Dit was te bekend. Sy het na Stefan gekyk en die donkerte gesien wat besig was om oor haar suster se verloofde te spoel. Stefan was besig om te verander. Die obsessie met Julian was besig om hom te verteer.
Mila was geskok, maar sy spreek nie haar twyfel, of oortuiging, uit nie. Sy wat Lea is, vertrou hom nie.
Sy het haar foon uitgehaal en ’n foto van Julian gestuur na ’n kontak wat sy vir jare nie gebruik het nie. Hy skuld haar ’n guns of twee en Ryan kan ’n naald in ’n hooimied opspoor. Hy is taktvol, lojaal en werk vinnig. Verder sal hy, vir die regte bedrag, berge versit om sy missie te voltooi. “Vind uit wie hy regtig is. En moenie dat my suster of enige iemand anders weet ek vra nie.”
Lea het geweet dat as Julian regtig ’n Dumont was, die familie se rykdom op die spel was, Jean-Pierre se erfenis, Mila se sukses was op die spel. En as hy ’n bedrieër was, was hy die gevaarlikste een wat sy nog ooit ontmoet het. Want hy het nie net soos hulle gepraat nie... hy het gelyk asof hy in hulle siel kon sien.
In Frankryk het die priester die woorde uitgespreek: "Ek verklaar julle nou man en vrou." Lucian het Marguérite se hand gevat en haar sag op die mond gesoen. Haar vel was koud, sy het teënsinning haar hand in syne gelos.
Hy het nader aan haar oor geleun,sodat net sy hom kon hoor. Sy profiel het ’n donker, onheilspellende skaduwee oor haar gesig gegooi "Nou dat ons getroud is, Marguérite... dink jy dit is tyd dat ons vir Julian sê hy kan sy werk by Mon Trésor klaarmaak?"
Marguérite het stokstyf geword. Die rose in haar hand het op die kerkvloer geval. Sy het besef die skaduwee op Mon Trésor was nie ’n toeval nie. Dit was ’n plan. En sy was die een wat die deure oopgemaak het.
Volgende op Die Skuduwee op Mon Trésor
Episode 2
Die Opdrag
Die reuk van duur leer en ou wraak hang in die lug in Lucian se kantoor. Waar Julian oorkant hom sit sien Lucian ’n pion, een waarmee hy sy finale wraak op Jean-Pierre Dumont gaan neem.
Sy stem is kalm, vaderlik teenoor die jong man wat hy voor hom sien grootword het.
Destyds was dit sy oortuiging wat Julian uit Jean-Pierre se lewe gehou het. Wraak ... nou gaan hy dit weer eens tot sy voordeel gebruik. "Onthou hoekom jy daar is, Julian. Die Dumonts het alles gesteel wat joune moes wees. Hulle leef in weelde en geluk op Mon Trésor. En jou ma, sy is alleen en bitter. Jean-Pierre het haar weggewerp soos ’n slegte oes."
Julian se stem is
stem vol ingehoue woede. Celine Valois, sy ma is soos 'n skim in die huis. Min dinge laat haar glimlag. "Ek sal hulle nie laat vergeet nie,
Lucian. Ek gaan elke klip van daardie plaas terugvat. Mila, Lea... hulle gaan
weet hoe dit voel om niks te hê nie."
Die luukse
huurmotor hou by die hekke van Mon Trésor stil. Hy sien heel eerste die man op
die stoep raak. Dit moet Dr Stefan Joubert wees, Mila se verloofde. Mila sal
ook nog die waarheid oor haar kosbare Stefan hoor, wanneer die tyd reg is.
Hy kyk op na die
huis met ’n mengsel van haat, jaloesie en ’n vreemde, verlore verlange.
"Ek is
uiteindelik tuis, Pa. Maar ek is nie hier vir ’n reünie nie."


Comments
Post a Comment