Skip to main content

Die Dumont Geheime - 'n Novelette

                      


        DIE FRANSE GEHEIM


"Nie 'n spook nie. 'n Spieëlbeeld. Jy is Mila, nie waar nie? Die meisie van die suide."

 Mila Dumont was bestem vir die flikkerligte van die verhoog, maar die noodlot het ander planne gehad. Wanneer haar pa, Jean-Pierre, ernstig siek word, moet sy haar dramastudies opsê en terugkeer na die stowwerige wingerde van hul familieplaas in die Boland.

Vasgevang in 'n lewe van pligsbesef, voel Mila soos 'n aktrise in die verkeerde rol. Sy soek desperaat na haar eie identiteit, 'n soeke wat bemoeilik word deur die swye van haar pa en die geheimsinnige afwesigheid van haar ma, Marguérite. Op die plaas weet almal iets, maar niemand praat nie.

In die stilte van die wynkelder ontdek Mila egter 'n nuwe passie. Sy vind dat sy nie hoef te ontsnap in karakters nie; sy kan haar siel in haar wyn stort.

Haar Chardonnay, L'Inconnue, word 'n wêreldwye fenomeen en kroon haar as die koningin van Suid-Afrikaanse wynmakers.

Maar die grootste drama wag in Parys.

Terwyl sy haar sukses in die Franse hoofstad vier, loop sy trompop vas in haar ewebeeld: Lea. Die ontmoeting ontsluit 'n dekades-oue geheim van verbode liefde, wraak en 'n familie wat deur die helfte geskeur is. Mila besef dat die "onbekende" waarna sy haar hele lewe lank gesoek het, nader aan haar was as wat sy ooit kon droom.

Tussen die gesofistikeerde strate van Parys en die warm grond van die Kaap, moet twee susters leer om die bitter smaak van die verlede te versoen met die belofte van 'n nuwe oes.


DIE HART SE GEHEIM


Die lug bo die Atlantiese Oseaan was ’n eindelose, koue swartheid, maar binne-in die kajuit van die Boeing 747 het die lug dik en benoud gevoel. Mila het na die ritmiese flikkering van die vlerk se ligte gekyk, maar al wat sy kon hoor, was die woorde van Dokter Greeff wat soos ’n eggo deur haar kop gemaal het.

’n Tikkende tydbom.

Sy het sywaarts gekyk na Lea. Haar suster, haar spieëlbeeld, het met toe oë teen die kussing gelê. In die dowwe kajuitlig het Lea se gesig bleek en broos gelyk. Soms het sy haar harde Paryse masker vir ’n oomblik laat sak. Lea se bors het stadig op en af beweeg, ’n ritme wat so natuurlik gelyk het, maar wat dalk die bloudruk van ’n tragedie bevat het.

Mila het haar eie hand op haar bors geplaas. Sy kon haar hart voel klop. Boem-boem. Boem-boem. Die klop van ’n gesonde enjin, het sy geweet. Maar Lea? Was hare die geluid van ’n erfsonde wat besig was om tyd uit te koop?

Hulle was op pad terug na die suide, terug na die stof en die wingerde van Mon Trésor. Dit was nie net die geheime van die verlede wat op hulle gewag het nie; die koue, wetenskaplike waarheid van die toekoms het voor gelê.

Vrees het yskoud om Mila se hart geklem. Sy het geweet dat die oomblik wanneer daardie wiele die Suid-Afrikaanse bodem raak, die tyd van wegsteek verby sou wees. Sy sou Lea moes dwing om in die spieël te kyk, nie om haar gesig te sien nie, maar om die foute in haar eie bloed te erken.

Onder hulle het die vasteland van Afrika in die donker gewag. En iewers in die skaduwees van die Simonsberg het die antwoorde gelê wat hulle óf sou red, óf finaal sou vernietig.

Mila het haar oë toegemaak en ’n stil gebed gestuur na die man wat hulle agtergelaat het met hierdie las.

Laat haar hart sterk genoeg wees vir die waarheid,en laat myne sterk genoeg wees om haar te dra.


ERFENIS V AN GEHEIME


Vanaand kom die herinneringe weer soos vloedwater wat sy walle breek. Hoe sal ek ooit my laaste nag op Mon Trésor vergeet? Vyf-en-twintig jaar het verloop, maar skielik voel daardie nag soos gister. Ek kan steeds die reuk van die nat grond en Jean-Pierre se onuitgesproke woede in die lug voel hang. Dit was ’n stilte wat harder as enige skreeu geklink het.

Ek onthou die bababedjie. Ons het dit saam gekies in daardie kort, goue tyd toe daar nog ’n “saam” en ’n “ons” in ons woordeskat was. Die manier waarop daardie twee gesiggies gelyk het, so identies, so onskuldig. Hulle was twee helftes van ’n siel wat ek besig was om middeldeur te skeur.

Lea se stem eggo in my kop, rou en vol bitterheid: “Hoe het Ma gekies?”

Dit is die vraag wat my snags wakker hou. Hoe kon Lea my dagboek lees? En nogal op haar veertiende verjaarsdag. Die dag wat sy ’n vrou geword het, dit was die dag wat sy ontdek het haar hele lewe is op ’n leuen gebou. Daarna was niks ooit weer dieselfde nie. Hoe meer ek probeer het om die geheim te beskerm, hoe verder het dit Lea van my af weggedryf, tot sy later net ’n koue spieëlbeeld van my eie foute geword het.

Daar is geen rus nie. Ek moet deur die vrees en paniek wat om my hart klem soos ’n ysige hand beur. My verlede was in Suid-Afrika begrawe, maar die waarheid is soos ’n wingerdstok; dit groei in die donker, dit kronkel en dit vind altyd ’n manier om na die lig te breek.

Dit is tyd. Die tyd vir die volle waarheid het gekom, voor die skaduwees ons almal insluk.


Beskikbaar teen R120 op PDF of E-Pub

BONUS - Eerste vier episodes van spin-off gratis

Daarna R45 per maand

Comments

Popular posts from this blog

Nu Metro VIP Cavendish Review: Cape Town's Ultimate Luxury Cinema Experience

More Than a Movie: Why Nu Metro VIP at Cavendish Is Worth Every Rand By Annette Havenga WomeninMedia Africa They say cinema is dead. They say we watch movies differently now. They say streaming has replaced the magic of the big screen. They say cinemas are no longer relevant. They are wrong. There are experiences that simply cannot be replicated from the comfort of your couch. The anticipation as the lights dim. The hush that falls over the audience. The immersive sound that surrounds you. The larger-than-life visuals that demand your full attention. And when you add luxury seating, exceptional dining and impeccable service, a night at the movies becomes something far greater than entertainment, it becomes an experience. That is exactly what awaits at Nu Metro VIP at Cavendish Square. If you think all cinemas are the same, you haven't experienced Nu Metro VIP at Cavendish. Reclining leather seats, gourmet dining and blockbuster entertainment combine to create one of Cape Town's...

Die Skaduwee op Mon Trésor - Episode 2 🍷 Die Gif in die Bloedlyn

                                                                            Episode 2                                                                       Die Gif in Die Bloedlyn Die reuk van duur leer en ou wraak hang in Lucian Valois se kantoor soos ’n swaar mis. Lucian staan by die venster en kyk uit oor die liggies van Parys.   Sy gedagtes is duisende kilometers ver, by die rooi grond van die Boland. Hy leef al jare saam met die Dumonts, op die agtergrond, geduldig. Sy wraak gaan uiteindelik vol sirkel bereik met Julian se hulp. Nie Julian of Celine w...

Die Skaduwee op Mon Trésor - Episode 1 🍷 Die Verdrag met die Duiwel

  Episode 1   Die Verdrag met die Duiwel  Die lug in die klein dorpie in die suide van Frankryk was swaar van die reuk van aankomende reën. Marguérite het in die portaal van die antieke klipkerk gestaan.  Die koue het deur die dun sy van haar bruidsrok gesny, maar die ys in haar are het niks met die weer te doen gehad nie. Die ruiker rooi rose was vanoggend afgelewer. In die middel, ’n enkele wit roos. Daar het die fyn diamant ring gepryk. Sy handskrif het sy dadelik herken, selfs na al die jare het die nie verander nie. Die woorde min, maar het swaar op haar hart gerus.  Vir jou Marguérite, my bruid. Dit was nog altyd net jy.   Sy was alleen, sonder haar dogters of haar liefling-kleinseun Henri. Sy het haarself oortuig dit is beter so. Om haar dogters hier te hê, sou beteken om die spieël op te lig waarin sy dertig jaar lank geweier het om te kyk.  Sy het haar blonde bob hare in die spieël van die portaal reggestryk. Sy het ouer geword, ...