DIE FRANSE GEHEIM "Nie 'n spook nie. 'n Spieëlbeeld. Jy is Mila, nie waar nie? Die meisie van die suide." Mila Dumont was bestem vir die flikkerligte van die verhoog, maar die noodlot het ander planne gehad. Wanneer haar pa, Jean-Pierre, ernstig siek word, moet sy haar dramastudies opsê en terugkeer na die stowwerige wingerde van hul familieplaas in die Boland. Vasgevang in 'n lewe van pligsbesef, voel Mila soos 'n aktrise in die verkeerde rol. Sy soek desperaat na haar eie identiteit, 'n soeke wat bemoeilik word deur die swye van haar pa en die geheimsinnige afwesigheid van haar ma, Marguérite. Op die plaas weet almal iets, maar niemand praat nie. In die stilte van die wynkelder ontdek Mila egter 'n nuwe passie. Sy vind dat sy nie hoef te ontsnap in karakters nie; sy kan haar siel in haar wyn stort. Haar Chardonnay, L'Inconnue,...
Blog|Stories|Views|Reviews|Behind the Scenes